Uppies se 1ste netbalspan het vanaf 27 – 30 April aan die Sun City toernooi deelgeneem.
Hulle het 10 wedstryde gespeel en 7 van hierdie wedstryde gewen. Hulle het teen gedugte skole soos Wonderboom, Monument, Noordheuwel, Marais Viljoen en Potch Volkies gekompeteer, om net `n paar te noem.
Die span het as geheel puik netbal gespeel en baie geleer vir die res van die seisoen wat voorlê.
Die uitstaande spelers van die toernooi was beide doele van Uppies, Lorraine Groenewald en Janice Avenant, wat beide spog met doel gemiddeldes van bo 88% en Dirette Oberholster met 21 onderskeppe op verdediging.
Foto van links agter: Lorraine Groenewald, Melonice Kordom, Chané Avenant, Nicolene Loots, Dirette Oberholster, Liché Prinsloo, Gillian du Plessis, Cleo Minnaar.
Links van voor: Janice Avenant en Di-Marie Visser