Mnr. Tiaan Muller van Laerskool Stulting, was bevoorreg om die program as toeskouer te kon waarneem. Stulting sien uit daarna om in die nabye toekoms ook sy staal in hierdie program te wys.
Die “First Lego League” het die afgelope naweek plaasgevind. Dit is ‘n internasionale program wat daarop gemik is om leerders se belangstelling in Wetenskap, Tegnologie, Ingeneurswese en Wiskunde aan te wakker.
Hierdie program was by die Noord Kampus van die NMU in Port Elizabeth aangebied. ‘n Paar skole en klubs het teen mekaar gekompeteer om na die nasionale rondte deur te dring. Later sal daar dan ook ‘n internasionale rondte plaasvind om uit te vind wie dit is wat op die gebied van kodering en robotika koning kraai.