Caylin Young (regs) wen ‘n bal in die vasvra oor die Protea-netbalspan. Welgedaan!
Die o/12 netbalspan van Laerskool Stulting, Humansdorp, het die afgelope naweek ‘n netbalkliniek by Collegiate High School in Port Elizabeth bygewoon. Hulle het ook vriendskaplike wedstryde teen Herbert Hurd Primary School, Sunridge Primary School, Kabega Primary School, Newton Park Primary School en Lorraine Primary School gespeel. Die leerders het die ervaring baie geniet.














