Die Gr. 2-Gogga-klas het groot gegaan en baniere gemaak om vir hulle gunsteling span te “cheer”!
Laerskool Stulting is trots Suid-Afrikaans! Vrydag kon die leerders hul Springbok-klere aantrek ter ondersteuning van die wedstryd van die Bokke vs Japan. Boonop kon die leerders die wedstryd regstreeks kyk en sien hoe hulle rolmodelle kragte meet teen Japan.












