Altesaam 9 van Laerskool Stulting se leerders het aan die 1ste rondte van ATKV Redenaars deelgeneem by Hoƫrskool DF Malherbe in Port Elizabeth.
Die kompetisie was sterk en die dag baie lank, maar ons leerders het senuwees van staal gewys en hulle sĆŖ gesĆŖ!
Ons is baie trots op elkeen van hierdie kekkelbekkies wat so slim kan redeneer. Natuurlik het hulle ‘n wonderlike Juffrou, Me. Maryna Meyer, byderhand gehad om almal te ondersteun.
Agter vlnr: Rudolph Gerber, Charli de Villiers, JoƔni Jacobs, Tessa Gerber, FionƩ Nel en SonƩ Jacobs.
Voor vlnr: Heinrich Human, Eliska Nel en Birkita Holtzhausen
Become a Sponsor









