)

EHS-wintersport goed op dreef

Lana Herholdt

(Foto’s verskaf)

Hoƫrskool Ermelo het op Saterdag, 7 Maart, in die Laeveld kragte gemeet teen Curro Nelspruit. EHS se spanne het uitsonderlik presteer in die hitte en ware Errie-deursettingsvermoƫ getoon.

Dogters-hokkiespanne:

Al die dogters-hokkiespanne het die dag as wenners geëindig.  Aanskoulike samespel, vertroue in mekaar en Errie-guts het gemaak dat die Erries uitgestaan het op die astro. Die uitslae is soos volg:

Die A/14A-span wen 1 – 0

o/15A-span wen 9 – 0

o/16A- wen 12 – 0

die eerstespan wen 13 – 0

Netbal:

Die netbalspanne stap ook almal as oorwinnaars van die bane af:

o/14A-span wen 16 – 8

o/14B-span wen 20 – 3

o/15A-span wen 23 – 22

o/15B-span wen 19 – 7

o/16A-span wen 18 – 3

o/16B-span wen 23 – 2

die tweedespan wen 20 – 4 en

die eerstespan wen met ā€˜n uitsonderlike 42 – 21.

Rugby:

EHS se rugbyspanne het ook goed gevaar en die seuns het prag-rugby gespeel.

Die o/14A-span wen met 17 – 12. Die puntemakers is Andries van Niekerk met twee drieĆ« en Carel Jacobsz met een drie. Christiaan Horn het een drie verdoel.

Die o/15A-span verloor ongelukkig met 12 – 42. Hier druk Zulu Zimele en Maritz Hancke elk ā€˜n drie en Madini Bafana verdoel een drie.

Die o/16A-span wen met 36-24. Tiaan Grobler druk drie drieƫ, Msizi Hlophe druk twee en CJ van Huyssteen druk een drie. Marius Nel verdoel drie drieƫ.

EHS se tweedespan wen 34-0. Die drieƫ word gedruk deur Sihle Nkambule met drie drieƫ, Linda Ndlovu met twee drieƫ en Bongumusa Mahlangu met een drie. Gunther Badenhorst en Andre Dale Groenewald verdoel elk een drie.

Hoƫrskool Ermelo se eerstespan wen met 24-19. Arend Fourie druk twee drieƫ vir die span, terwyl Chad Coetzee en Thamsanqa Nyantsumbe elk een drie druk. Laasgenoemde skop ook twee doelskoppe oor!

Baie geluk aan elke Errie vir die oorwinnings. Julle maak die Erries trots!

Nadia Kluyts
Zimri Büchling
Become a Sponsor

Related Posts

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Thought of the Week – Gedagte vir die Week

Thought of the Week – Put on all the armor that God gives, so you can defend yourself against the devil’s tricks. Ephesians 6: 11, 12 Gedagte vir die Week…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal