)

Errie-kuns hou suksesvolle uitstalling

Voor vlnr: Leandri Beyer, Dané Thirion, Zané Erasmus en Yonette Fourie.
Agter vlnr: Siyabonga Mafokwane, Reinhartd Vorster, Thrystin Pretorius, me. Carin van der Merwe, Brian Ramodise en Baruch Büchling.
Afwesig tydens neem van foto: Wian Pretorius, Heubie van der Walt en Francois Myburgh.

Die Graad 12-leerders van Hoërskool Ermelo hou elke jaar na afloop van die moderering ‘n uitstalling om hulle finale skooljaar se kunswerke aan die publiek te vertoon.

Die leerders kry deur die loop van die jaar vier temas. 2019 se temas het water, bagasie /las, beweging en chaos, asook rituele ingesluit. Hierdie temas moet deur leerders nagevors en ondersoek word en in hul bronboeke weergegee word. Die kunsprodukte word dan in enige medium en grootte geskep deur die leerders.

‘n Goeie gemiddeld met vele onderskeidings word elke jaar deur die Graad 12-groep gehandhaaf en die Erries is een van die min skole wat Visuele Kuns as vak suksesvol aan leerlinge bied.

Die Erries groei tot kreatiewe en unieke kunstenaars wat ‘n verskil in die wêreld maak deur anders te dink. Die werk van die kinders spreek van uitstaande talent en onderrig.

EHS is trots op hierdie leerders en hul onderwyseres, me. Carin van der Merwe.

Leandri Beyer se kunswerk
Wian Pretorius se kunswerk
Zané Erasmus se kunswerk
Thrystin Pretorius se kunswerk
Links Reinhardt Vorster se kunswerk en regs Thrystin Pretorius s’n.

 

Become a Sponsor

Related Posts

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Thought of the Week – Gedagte vir die Week

Thought of the Week – Put on all the armor that God gives, so you can defend yourself against the devil’s tricks. Ephesians 6: 11, 12 Gedagte vir die Week…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal