Ligbron en Christ Church College se eerste krieketspanne kort voor hulle die T20 wedstryd gespeel het.
Christ Church College van Johannesburg het die afgelope naweek Ligbron Akademie vir Tegnologie besoek en ook ‘n T20 en 50 boulbeurt wedstryd teen die Liggies gespeel. Die groep het Vrydagaand heerlik saam die Liggies gebraai en was Saterdag getrakteer toe hulle saam met die Liggies Indawo Game Lodge besoek het. Die groep van Christ Church College het die besoek aan die Liggies baie geniet en ook Ligbron bedank vir hulle gasvryheid gedurende die naweek.