)

EHS-Fast 5 Netbalspan gekroon as Ligawenners

EHS se o/17A-Fast 5 netbalspan

Op Donderdag, 5 September, het Hoƫrskool Ermelo se o/15A-, o/15B- en o/17A-Fast 5 netbalspanne deelgeneem aan Gert Sibande se Fast 5 netbaltoernooi.

Die Erries het die dag oorheers en al drie spanne het in die Semi-finaal gespeel.

Die o/15A’s eindig eerste in Gert Sibande. EHS speel gelykop teen HoĆ«rskool Piet Retief, EHS wen HoĆ«rskool Standerton 12-4, EHS wen HoĆ«rskool Volksrust 13-3, EHS verloor teen HoĆ«rskool Secunda 10-5, EHS wen HoĆ«rskool Hoogenhout in die semi-finaal 14-4 en kom weer te staan teen Secunda in die finaal waar die Erries wen met 11 doele teenoor nege.

Die Erries se o/15B-span eindig vierde in Gert Sibande. EHS wen Hoƫrskool Standerton 4-2, maar verloor ongelukkig teen Hoƫrskool Piet Retief 5-7 en teen Hoƫrskool Hoogenhout 7-9. DiƩ span speel in die semi-finaal as gevolg van hulle doelgemiddeld, maar verloor ongelukkig naelskraap teen Secunda A.

Die o/15-spanne van EHS bestaan grootliks uit o/14-spelers wat vir die o/15-liga ingeskryf is. Die Erries is daarom besonder trots op die prestasies wat hierdie jong spanne behaal het.

Die o/17A-span van EHS speel gelykop teen HoĆ«rskool Piet Retief met agt doele elk, EHS wen HoĆ«skool Volksrust met 15-3, EHS wen HoĆ«rskool Secunda met 9-3 en EHS wen Ligbron in die semi-finaal met 10-7. Die Erries val tydens die finaal vas teen Secunda en verloor onelukkig met 7-10. Hierdie uitslae verseker aan die o/17A-span ā€˜n tweede plek in Gert Sibande.

Die o/15A- en o/17A-spanne kwalifiseer om aan die Mpumalanga-kampioenskap deel te neem. Dit vind plaas op Donderdag 12 September te Hoƫr Tegniese skool Middelburg.

Baie geluk aan al die dogters en sterkte vir die spanne wat aan die volgende rondte gaan deelneem. EHS is besonder trots op elkeen!

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – HoĆ«rskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wĆŖreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ā€˜n vasberade leerder van HoĆ«rskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…Ā  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…Ā  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – HoĆ«rskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – HoĆ«rskool Sentraal