)

Ligbron krieketspanne goed op dreef

Hendrico Jooste en Nardus Prinsloo, die twee openings kolwers van Ligbron se 2de krieketspan wat ‘n vennootskap van 300 lopies aangeteken het.

Akademie vir Tegnologie se krieketspanne het die afgelope week ‘n besige program agter die rug.

Die spanne het goed gevaar. Ligbron se tweede seuns-span het op Dinsdag, 3 September teen Curro Secunda gespeel.  Ligbron wen die loot en kies om eerste te kolf. Hendrico Jooste en Nardus Prinsloo open met die kolf en staan vas tot aan die einde. Hulle stel ‘n vennootskap van 300 lopies op waarvan Nardus 130 lopies en Hendrico 134 lopies aanteken in die toegelate 20 boulbeurte.

Curro Secunda kolf en word beperk tot 172 lopies in hul toegelate 20 boulbeurte. Ligbron se tweedes wen dus met 128 lopies.

Die tweede dogtersspan het op Woensdag, 4 September teen Hoërskool Standerton se eerste-span op Standerton se velde gespeel. Standerton gaan eerste in om te kolf en behaal 140 lopies vir 5 paaltjies na 20 boulbeurte met Crizaan Thomas wat 2 paaltjies neem vir 33 lopies.

Ligbron gaan in om te kolf en behaal 85 lopies vir 5 paaltjies na 20 boulbeurte. Ligbron se tweedes verloor dus met 55 lopies.

Ligbron se eerste-span meisies het ook op Woensdag, 4 September teen Standerton se tweedespan op Ligbron se velde gespeel. Ligbron wen die loting en kies om eerste te kolf.  Na 20 boulbeurte teken hulle 170 lopies aan met Lalique Broxham wat 55 lopies aanteken en Hanné Stevens wat 33 lopies aanteken.  Daarna word Standerton ingestuur om te kolf.  Ligbron boul Standerton almal uit in die 18de boulbeurt vir 82 lopies.  Vayda Coetzer neem 3 paaltjies vir 5 lopies. Ligbron wen met 88 lopies.

Ligbron se tweedespan seuns het op Donderdag, 5 September teen Hoërskool Piet Retief gespeel.  Ligbron wen die loot en kolf eerste.  Ligbron teken 196 lopies vir 7 paaltjies in die toegelate 20 boulbeurte aan. Piet Retief kolf en teken 162 lopies vir 9 paaltjies aan. Beste kolwer Sias Jacobs met 73 lopies. Ligbron wen met 34 lopies.

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal