Voor vlnr: Landi Erasmus, Jaclyn Venter en Rebecca Cloete
Middel vlnr: Inge van der Walt, Anzé Mentz, Nathalie Nel, Inge Greyling en Therize Reichert
Agter vlnr: Zané du Plessis, Simoné Jacobsz, Corlia Pienaar(afrigter), Mienke Cloete, Eliska Duvenhage, Isabella Burgers, Nicole Meyer en Alné Olsen
Hoërskool Ermelo se o/14A-dogters-hokkiespan het tydens die 2019-hokkieseisoen goed gevaar. Die jong span het besonder gegroei deur die loop van die jaar. Hierdie span van die Erries tree as Ligawenners van die streek uit, maar verloor ongelukkig met 3-0 in die kwalifiserende wedstryd vir Noordvaal teen Hoërskool Middelburg. Hulle eindig vyfde in Mpumalanga.
Die o/14A-span bedank hulle borge, onder andere 3 @ 1 Business Centre, Iron-Ore Trading & Construction, asook twee anonieme borge.
Op Dinsdag, 30 Julie het die o/16A-dogters-hokkiespan van EHS teen Hoërskool Secunda te staan gekom in die kwalifiserende wedstryd vir Noordvaal. Die Errie-dogters het van die begin af gebiedsvoordeel geniet, maar kon nie afrond nie en die wedstryd eindig met een doel elk. Hierna vind “8 seconds” plaas om ‘n wenner te bepaal, maar dié eindig ook gelyk. Die Erries was ongelukkig om in die “sudden death” te verloor.
Hierdie dogters eindig ‘n uitstekende seisoen as ligawenners en vierde in Mpumalanga.
Baie geluk aan elkeen van die o/14A- en o/16A-dogters vir ‘n wonderlike seisoen. Groot dank aan die afrigters, me. Corlia Pienaar en me. Anna-Marie van Heerden vir die opoffering, omgee en ure se harde werk. EHS waardeer elkeen van julle.

Become a Sponsor










