Drie van Ligbron Akademie vir Tegnologie se skaakspanne het op Maandag, 22 Julie, aan die Gert Sibande skaakliga deelgeneem wat by EHS aangebied was. Die o/15’s en die B-liga eindig albei algeheel 4de en die o/17’s eindig algeheel 2de. Die o/17-span dring sodoende deur na die Mpumalanga rondte wat op 5 Augustus in Witrivier sal plaasvind.
Baie geluk ook aan Musa Phakati en Brandon Janse van Rensburg wat albei as bordwenners aangewys was.
Foto: Musa Phakati in aksie