)

EHS verwelkom ‘n ware Errie terug

Mnr. Willem Romijn het op Maandag 8 April weer by Hoërskool Ermelo aangesluit en EHS verwelkom dié Errie met groot opgewondenheid.

Hy was vanaf 2004-2013 onderwyser by die EHS waarna hy ‘n Adjunkhoof-pos by Nederland Park aanvaar het. Dit was destyds ‘n groot verlies vir die Erries.

Na byna ses jaar is mnr. Romijn, wat nog altyd ‘n Errie in hart en siel is, weer terug by Hoërskool Ermelo as Adjunkhoof van sport en dissipline.

“Ek is opgewonde om weer met EHS se leerders te werk, omdat Hoërskool Ermelo my na aan die hart lê. Die leerders hier is kwaliteit-leerders wat EHS uitsonder as ‘n unieke skool,” sê mnr. Romiijn met Errie-trots.

Hoërskool Ermelo sien uit om die pad saam met hom te stap en te groei. Hy is ‘n wonderlike voorbeeld wat die leerders en personeel met gemak en vertroue kan volg.

EHS wens ook vir mnr. Romijn alle voorspoed en ‘n geseënde tyd by die Erries toe. Hierdie is beslis ‘n uitstekende voorbeeld van “Eens ‘n Errie, altyd ‘n Errie!”

Foto bo: Mnr. Pieter Grobler (links) verwelkom mnr. Willem Romijn tydens Ouditoriumopening

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal