)

Hoërskool Ermelo Landbouleerders geniet uitstappie

Op Woensdag, 13 Februarie, het die graad 10-leerders van Hoërskool Ermelo hul eerste uitstappie vir 2019 geniet.

Hulle het die Boeredag wat deur die Drakensberger telersgenootskap aangebied is op Amersfoort op mnr. Petrus Taljaard se plaas bygewoon.

Die leerders het geleer van seleksie in veeboerdery, eienskappe wat belangrik is in teling van vee, siekteverspreiding en beheer, asook versorging van vee.

Daar was praktiese demonstrasies van die seleksieproses, asook van verskeie implemente.

Die Erries is dankbaar vir die onvergeetlike ervaring en bedank graag die Drakensbergergenootskap en mnr Petrus Taljaard vir die geleentheid.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal