)

Hoërskool Ermelo Gr 8 baadjieseremonie

Errie se tradisie van graad 8-baadjieseremonie was weereens ‘n besonderse geleentheid!

Die Graad 8-baadjieseremonie maak Errie graad 8’s van Pion tot Koning(in)

Gedurende die eerste week van skool het elke graad 8-Errie sy/haar baadjie aan ‘n hanger rongedra as deel van die Erries se oriënteringsprogram. Die program is daar gestel om elke graad 8 te leer wat, wie en hoe die Erries is en funksioneer.

Die afgelope naweek (11-12 Januarie) het die oriënteringskamp plaasgevind waar die graad 8-pionne na ‘n Vrydag vol leer en aktiwiteite ‘n toets geskryf het oor die EHS. Hierna volg die besonderse eer om die Erekode van die EHS te onderteken in die tradisiekamer waarna ‘n hoofleier dan die baadjie vir die graad 8 aantrek. Hierdie is simbolies daarvan dat die graad 8 nou ‘n volwaardige Errie is en met trots die baadjie kan dra. Die tradisie is in 2012 begin en maak ‘n groot indruk op elke kind.

Elke graad 8 skryf ook sy/haar naam en indruk van die EHS in die Alma Mater-tradisieboek na die erekode-seremonie. Wanneer die leerder die skool verlaat, skryf hy/sy die datum en ‘n uittreewoord langs sy/haar naam.

Op Saterdagoggend, 12 Januarie, het elke ouer van die graad 8’s die voorreg gehad om die baadjie vir hul kind aan te trek op die verhoog van die EHS se Ouditorium. Dit dui op die besonderse betrokkenheid van die ouers en die belangrikheid daarvan. Jy kon voorwaar die trots in elke ouer en kind se oë gewaar!

Welkom, liewe graad 8-Erries. Ons hou elkeen se skuiwe in die volgende vyf jaar dop. EHS het volle vertroue dat julle van die lewe se skaakspel ‘n sukses sal maak. Die Erries is trots om julle as deel van die EHS te kan hê.

Sterkte vir die jaar wat voorlê!

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal