Die jaarlikse prestige Elardus Erasmus Top 20-byeenkoms wat op Mookgophong (Limpopo) aangebied word, het vanjaar weer vir skitterprestasies gesorg ā en HoĆ«rskool Nelspruit was deels daarvoor verantwoordelik. Met die klem op jonger ouderdomsgroepe, is ‘n Nelspruit-span gestuur van wie daar vir seker vorentoe nog baie gehoor gaan word.
Al bepaal ‘n Gideonsbende van net 20 atlete nie die oorkoepelende krag van ‘n skool se volle atletiekspan nie, is daar genoeg rede om met opgewondenheid na die nuwe seisoen uit te sien!
Wat spantotale en uiteindelike posisie betref, was dit die meisies wat met ‘n uitstekende sewende plek (uit 47 spanne) die seuns getroef het. Al moes hulle met ‘n 18e plek (uit 50 spanne) tevrede wees, het NHS se seuns egter groot belofte vir die nuwe seisoen getoon.
Met hulle totaal van 9425 ABSA-punte (beste 10 prestasies), het Nelspruit se meisies vir onder meer Garsfontein (9417), Monument (9376), Noordheuwel (9190) en Kemptonpark (9136) hakskene gewys. Twee laerskool-atlete wat die span vergesel het, Ashley Erasmus en Shenise de Clerk, het veral die tonge aan die praat gehad.
Ashley behaal ‘n ongelooflike afstand van 36,44m in die skyfwerp, meisies o/14 ā ‘n volle 1134 ABSA-punte werd! Haar gewigstootafstand van 14,23m (1094 punte, eindig eerste) is eweneens ongehoord vir so ‘n jong atleet. Shenise het op ‘n hoogte van 1,50m oor die dwarslat geseil (903 punte, eindig 3de).
Nog ‘n gesogte goue medalje is deur Inge Meyer (meisies o/15) ingepalm. Inge wen die driesprong met ‘n baie goeie 10,35m (905 punte). Sy het ook stewig in die verspring (5,16m, ook 905) vertoon. Larise Combrink (meisies o/14) het ook oudergewoonte uitgeblink en twee 900+ vertonings gelewer: 100m (12.71 sek., 955) en verspring (5,20m ā 972).
Onder die seuns, het staatmaker Douw Kruger (s.o/16) sy aanslag op die nuwe seisoen momentum gegee, toe hy in skyfwerp (50,40m ā 1002) en gewigstoot (16,77m ā 1001) die magiese 1000 punte oortref het. Ook Devon Nell (seuns o/17) lyk oorgehaal om spoedig op sy 14.67 sek. (110m hekkies, 837) en 54.85 sek. (400m hekkies, 892) te verbeter. Jongeling Luthando Mabuza (s.o/15) het ‘n puik 955 punte vir sy 2:03.67 in die 800m, verwerf. Sy 4:28.61 in die 1500m, toon ook groot belofte.
Ander blink vertonings wat gelewer is, sluit in:
ā¢ RhodĆ© Nel (m.15): 100m ā 13.09 sek.; ook 200m ā 27.26 sek.
ā¢ Jana Engelbrecht (m.15): 200m ā 27.55 sek.
ā¢ LanĆ© Taljaard (m.15): hoogspring ā 1,55m (905 punte)
ā¢ Shana Scott (m.15): gewigstoot ā 11,59m; ook skyfwerp ā 30,01m
ā¢ Nicci Viljoen (m.15): 300m hekkies ā 47.11 sek.
ā¢ Lallie Grobler (m.14): 300m hekkies ā 50.21 sek.
ā¢ HandrĆ© van der Merwe (s.14): 200m ā 24.59 sek. (906); ook 300m hekkies ā 42.58 sek.
ā¢ Philip Vogel (s.14): hoogspring ā 1,65m (910)
ā¢ Magiel Brink (s.14): hoogspring ā 1,65m (910)
ā¢ Jade Swanepoel (s.15): hoogspring ā 1,80m (952)
ā¢ Quinn van Zyl (s.15): skyfwerp ā 44,32m
ā¢ Henco de Nyschen (s.16): 200m ā 23.52 sek.; ook 400m ā 51.02 sek.
ā¢ Jaytee Boers (s.17): 400m ā 50.44 sek.; ook 800m ā 1:59.46 (900)
Baie sterkte aan die Nellies- atlete en afrigters vir die res van die voorseisoen se byeenkomste!