Op Saterdag, 18 Augustus, het Hoërskool Ermelo se atlete deelgeneem aan die jaarlikse Gert Sibande-streek-kampioenskappe.
Na ‘n koue dag met baie strawwe kompetisie, het twee van die Erries daarin geslaag om te kwalifiseer vir die Gert Sibande-streekspan. Chantelle Swart was tweede in die dogters o/15-afdeling en Caylin Loock behaal ‘n tweede plek is die dogters o/14-afdeling.
Albei hierdie atlete kwalifiseer om aan die Mpumalanga-kampioensakppe te gaan deel neem.
Baie geluk aan hierdie meisies en sterkte vir die kampioenskappe wat voorlê.
Become a Sponsor









