Die skuts van Ligbron Akademie vir Tegnologie het op 3 en 4 Augustus aan die Mpumalanga skole skiet finaal deelgeneem wat in Ermelo plaasgevind het. Sewe Liggie-skuts het aan die kompetisie deelgeneem en pragtige prestasies opgelewer.
In die o/16 afdeling het die Liggies die volgende plekke behaal: Hanro van der Spuy 3de met 1417 punte, Sumé Snyman 6de met 1394 punte, Gerhard Botma 14de met 1364 punte, Sophia Giliomee 28ste met 1229 punte en Ernst Botha 29ste met 1221 punte. In die o/21-afdeling het Charles Giliomee 4de geëindig met 1413 punte en Jan Schoonraad het 11de geëindig met 1373 punte.
Vier van Ligbron se skuts is ook opgeneem in die Mpumalanga Skietspan wat aan die SA Skole Skiet Kampioenskappe sal deelneem wat vanaf 29 September tot 4 Oktober sal plaasvind.
Die Mpumalanga skuts is (foto bo)(v.l.n.r.): Jan Schoonraad, Sumé Snyman, Hanro van der Spuy en Gerhard Botma.
Become a Sponsor









