Die o/16 hokkiespan van Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo het gedurende die naweek aan die Noordvaal uitspele deelgeneem wat by Cornwall Hill College plaasgevind het.
Hulle het in poel A van die Noordvaal Liga gespeel wat uit vier poele bestaan het. Die Liggies verloor hulle eerste wedstryd teen Hoërskool Middelburg met 0-3, verloor met 0-6 teen Hoërskool Waterkloof en speel gelykop met 1 doel elk teen Hoërskool Noordheuwel. Hulle kwalifiseer nie vir die kwartfinaal nie, maar eindig steeds hulle seisoen op ‘n hoë noot.
Foto bo: voor sit (v.l.n.r.): Hanné Stevens, Cara Bruwer, Erich Beneke (afrigter), Donné de Jager en Ilené van der Walt.
In die middel staan (v.l.n.r.): Bianca Ngobo, Carlé Bezuidenhout, Megan Herbst, Carla Barnard, Chantelle Ferreira en Rachelle Meyer.
Agter staan (v.l.n.r.): Philani Thenjwayo, Zené Jonker, Jandri Coetzee en Michelle Potgieter.