Libron Akademie vir Tegnologie in Ermelo se tweede dogters-krieketspan het Woensdag, 27 Julie, teen HoërskoolOosterland van Secunda se eerste span op Oosterland se velde gespeel. Ligbron kolf eerste en teken 174 lopies in die toegelate 20 boulbeurte aan. Jacolien du Preez is die beste kolwer en teken 54 lopies ( n.u.n) aan.
Oosterland teken 147 lopies aan en Ligbron wen die wedstryd! Mikyla le Roux neem 2 paaltjies vir die verlies van 15 lopies en blink uit as die beste bouler.