Die o/16B en tweede netbalspanne van Ligbron Akademie vir Tegnologie het op Saterdag, 2 Junie, aan die Mpumalanga finale deelgeneem wat by HoĆ«rskool Rob Ferreira in Wit Rivier plaasgevind het. Die Liggies is besonder trots op die o/16Bās wat algeheel 3de in Mpumalanga geeindig het. Hulle het die volgende uitslae opgelewer: wen 15-6 teen HoĆ«rskool Lydenburg, verloor 6-20 teen HTS Middelburg, wen 16-5 teen HoĆ«rskool Rob Ferreira, verloor 5-10 teen Standerton in die semifinaal en wen 9-8 teen HoĆ«rskool Nelspruit in die finaal. Die tweedes verloor 8-10 teen HoĆ«rskool Nelspruit en 5-15 teen HTS Witbank.
Foto bo: voor van links na regs: Nothando Ntshagase, Sinethemba Bhanda en Khanyisile Khumalo.
Agter: Dane du Toit, Nompumelelo Shabangu, Bianca Mc Kenzie (Afrigter), Masibulele Mndebele, Thandiswa Ndlangamandla en Tumiso Nkosi.










