)

Die Hoërskool Nelspruit Natgeorisme Klub besoek die Sudwalla Grotte.

Die Hoërskool Nelspruit Natgeorisme Klub was op 21 Maart op ‘n uitstappie na die Sudwalla Grotte.

Sudwala word beskou as ‘n gebied met van die oudste grotte in die geskiedenis van die aarde. Dit strek oor ‘n volle 30km waarvan slegs 600m bereik kan word deur die basiese toer deur die grotte. Sudwala se area het vanuit die Mankelekele-bergreeks ontstaan.

Die mees indrukwekkende gedeelte van die grotte is beslis die PR Owen-saal en amphi teater. Dit is ‘n ronde grot, 70 meter in deursnee en 37 meter hoog en bied asemrowende akoestieke, vandaar die naam as amphi teater.
Vir die meer avontuurlustige persone is daar die 2000 meter roete wat lei tot by die betowerende kristal grotte diep binne Sudwala.

Nog ‘n roete sluit in die feëtjiegrotte, ‘n reeks nou tonnels wat lei tot by pragtige plate rotsformasies wat hierdie gebied sy sprokiesagtige naam gee. Een van die gunstelnig formasies is die Screaming Monster, ‘n stalagmiet met ‘n monsteragtige voorkoms. Die einste formasie dien as die omdraaipunt van die jaarlikse Sudwala Screaming Monster-maraton.

Die Sudwala grotte is beslis een van die Laeveld se mooiste besienswaardighede met massas geskiedenis en avontuur.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal