Walter van der Walt, graad 8, (op die foto bo), het op Saterdag 21 April aan die vierde kwalifiserende rondte van die Western Mounted games deelgeneem. Walter het uitstekend gevaar op sy perd, Tokolosh en word aangewys as die algehele kampioen op Vlak 3 in die Ope-afdeling. Hy behaal drie eerste plekke in die vyf afdelings waaraan hy deelneem en steek vir die ander twee afdelings ān silwer medalje in sy sak vir elkeen.
Baie geluk, Walter!