)

Erries se Gasvryheidstudie-leerders leer baie tydens uitstappie

Op Vrydag 13 April 2018 het die graad 10 tot 12-leerders van die Erries, Supréme Hotelskool die Capital Hotel School in Arcadia, Pretoria besoek.

Die Erries het ‘n kampustoer geniet, asook ‘n verskeidenheid aktiwiteite in die restaurant en ook chef-vaardighede wat getoets is in die kombuis waar die leerders hulle eie middagete voorberei het.

Hierdie was ‘n goeie geleentheid om die Hotelskool-leerders bekend te stel aan die industrie en Tersiêre opleiding by die volwaardige Hotelskool.

Die leerders besoek ook Famous Brands Coffee Company waar bekende Franchises / kettingrestaurante, soos Wimpy en Mugg & Bean se koffiebone gerooster word. Na ‘n baie insiggewende toer deur die fabriek het ons geleer om ‘n behoorlike Cappuccino te maak deur hul bekende Barrista.

Die proe-afdeling waar verskillende koffiesoorte en geure bekend gestel is, was baie interessant en het vir groot pret gesorg toe die leerders die verskillende bone van Brasilië, Columbia, Uganda en ander lande kon leer ken het.

Graag maak die Erries gebruik van die geleentheid om Mnr. Dries Janse van Rensburg te bedank vir sy reëlings sodat die Erries die koffie-maatskappy kon besoek.

Foto heel bo:  Erries besig met hul eie versiering van kolwyntjies

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal