Die leerders van Ligbron Akademie in Ermelo het Donderdagaand, 8 Maart 2018, by die dosyne opgedaag vir die Glow-Party wat in die skoolsaal aangebied was.
Die Glow-Party is deel van een van die LigbronJol-aksies en word gekenmerk as een van die gebeurtenisse van die jaar. Leerders wat die geleentheid bywoon ontvang elkeen ‘n glow-bandjie en glow-verf waarmee hulle, hulself en hul uitrustings kan versier.
Tydens die aand is die hele saal vol pers florescent ligte wat die helder glow-kleure na vore bring. Maar dit stop nie net daar nie, leerders kan ook sokkie en die limbo doen. Die Glow-Party is ‘n prettige geleentheid en almal wat die aand deelgeneem het, het hulself gate uit geniet.