)

Oud-Nellie-netbalspeelsters presteer by Maties en Pukke

Vier oud-eerstespan-netbalspeelsters van Hoërskool Nelspruit presteer tans by Maties sowel as die Pukke.

Carmen Cronjé wat in 2016 die eerste span kaptein was, Tania Hlabani wat die posisie in 2017 beklee het en Inge Janse van Vuren wat ook verlede jaar deel van die span was, is nou in Maties se Top 20 High Performance-groep ingesluit.

Volgens Maties-afrigter Zanele Mdodana is hulle hardewerkers wat toegewyd is en alles gee. “Hoewel Carmen verlede jaar beseer is en ‘n knie-operasie moes ondergaan, het sy baie sterk teruggekom danksy goeie rehabilitasie.”

Mbali Mabuza

 

Nog ‘n oud-Nellie wat in 2016 in die skool se eerste span ingesluit was, Mbali Mabuza, speel nou vir die Pukke o/19-span en is deel van die High Performance-groep wat verlede jaar die nasionale kampioenskappe gewen het. Volgens Heléne Botha van die Puk is sy ‘n integrale deel van die span en met harde werk kan sy reeds hierdie jaar in die senior groep opgeneem word.

 

Hoërskool Nelspruit se netbalorganiseerder, Reneé Adendorff wens hulle alle sterkte vir die toekoms. “Ons sien uit daarna om hulle prestasies te volg.”

 

Foto heel bo:  Tania Hlabani, Carmen Cronjé en Inge Janse van Vuren

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal