Hoërskool Ermelo het die naweek van 8 tot 11 Februarie 2018 in Nelspruit deelgeneem aan die Groot 5-tennistoernooi.
Hoërskool Garsfontein, Afrikaans Hoër-Meisieskool, Afrikaans Hoër Seunskool, Hoërskool Monument, Hoërskool Nelspruit, Hoërskool Boland Landbou, Hoërskool Wilgerivier, Hoër Tegniese Skool Middelburg en Hoërskool Ermelo is van die skole wat aan die toernooi deelgeneem het.
Die Errie-seuns en -dogters het hul uiters goed van hul taak gekwyt en onderskeidelik sesde en sewende geëindig. Die meisies het in ‘n titaniese stryd teen Hoërskool Merensky geseëvier om hul sewende plek te verseker.
Daar word jaarliks ‘n skool, asook speler benoem vir die beste sportmangees. EHS as skool ontvang vir die tweede agtereenvolgende jaar hierdie trofee! Willie Greyling, die Erries se Hoofseun, ontvang die trofee as speler met die beste sportmangees!
Baie geluk, Erries! Ons is trots op julle!
Op die foto heel bo: Erries se seunspan
Voor (vlnr): Hennie Dippenaar (afrigter), Japie-Chris Groenewald, Rynard Herholdt, Danie van Rooyen
Middel (vlnr): Stefan Kemp, Walter Visser, Jacques Erlank, Willie Greyling
Agter: Charl Basson (afrigter)
Become a Sponsor









