Die nuwe Graad 8 leerders van Ligbron Akademie vir Tegnologie het al op die eerste dag van skool gesien hoe dinge by Ligbron werk. Hulle is vriendelik verwelkom en het die Liggie-atmosfeer en gees sommer dadelik aangevoel.
Vinnig is nuwe maats aan mekaar voorgestel en het die VLR die graad 8’s betrek vir hulle rowwe, tog opwindende, program wat op hulle gewag het. Die Graad 8 leerders het van dag een af met hope entoesiasme en gees die skoolgronde betree en was gereed om elke aktiwiteit met oorgawe aan te pak.
Ligbron is trots op elke nuwe Graad 8 leerder wat by ons aangesluit het en sien uit om vir die volgende vyf jaar ‘n pad saam met elkeen van hulle te stap.
Op die foto bo:
Die opgewonde 2018 Graad 8 groep wat vanjaar by Ligbron aangesluit het.