)

Hoërskool Ermelo se 2017 Matrieks presteer!

Die EHS is vanjaar, soos elke ander jaar, weer besonder trots op die matrikulante van 2017 se uitslae.

Die toppresteerders is:

WILLIAM GARDINER

 

William Gardiner spog met 8 onderskeidings: Afrikaans Huistaal (86%), Engels Eerste Addisionele Taal (91%), Wiskunde (85%), Lewensoriëntering (95%), Rekeningkunde (88%), Lewenswetenskappe (88%), Fisiese Wetenskappe (93%), Geskiedenis (88%) en sy gemiddeld is ‘n besondere 89%! William begin hierdie jaar met Mediese studies in Stellenbosch.

 

STEPHAN VAN DER MERWE

 

Stephan van der Merwe het ook 8 onderskeidings: Afrikaans Huistaal (87%), Engels Eerste Addisionele Taal (92%), Wiskunde (84%), Lewensoriëntering (94%), Ekonomie (82%), Rekeningkunde (90%), Geskiedenis (85%) en Fisiese Wetenskappe (93%) met ‘n gemiddeld van 88%! Hy gaan BCom Rekeningkunde aanpak in Stellenbosch.

 

Drie van die Errie-matrieks het 7 onderskeidings: Miri Conradie, Amanda du Toit en Jessica van Rensburg.

MIRI CONRADIE

Miri, wat BCom Rekeningkunde, met die oog op Geoktrooieerde Rekenmeester, gaan studeer by die Universiteit van Pretoria, se uitslae is soos volg: Afrikaans Huistaal (87%), Engels Eerste AddisioneleTaal (94%), Lewensoriëntering (91%), Musiek (87%), Rekeningkunde (91%), Lewenswetenskappe (87%), Fisiese Wetenskappe (85%), met ‘n B-simbool vir Wiskunde (76%) en ‘n gemiddeld van 87%.

AMANDA DU TOIT

Amanda kry onderskeidings vir: Afrikaans Huistaal (90%), Engels Eerste Addisionele Taal (91%), Wiskunde (93%), Lewensoriëntering (90%), Ekonomie (86%), Rekeningkunde (97%), Fisiese Wetenskappe (93%) en ‘n B-simbool vir Besigheidstudies (73%). Sy sluit haar skoolloopbaan af met ‘n gemiddeld van 89%!

JESSICA VAN RENSBURG

Jessica behaal in al haar vakke onderskeidings: Afrikaans Huistaal (84%), Engels Eerste Addisionele Taal (89%), Wiskunde (87%), Lewensoriëntering (98%), Rekeningkunde (98%), Rekenaartoepassingstegnologie (92%) en Fisiese Wetenskappe (87%). Haar gemiddeld is ‘n pragtige 90%! Sy werk reeds by Vos, Steyn en Labuschagne en studeer deur Unisa vir Geoktrooieerde rekenmeester.

ZANÉ ROTHMAN

EHS-president van 2017, Zané Rothmann, behaal 6 onderskeidings: Afrikaans Huistaal (86%), Engels Eerste Addisionele Taal (89%), ’n B-simbool vir Wiskunde (78%), Lewensoriëntering (93%), Rekeningkunde (87%), Lewenswetenskappe (86%) en Fisiese Wetenskappe (87%) met ‘n gemiddeld van 87%! Zané gaan na die Universiteit van Pretoria waar sy BSc Biologiese Wetenskappe gaan studeer met die oog om later oor te slaan na Medies.

 

 

DALENE KLOPPER

 

Dalene Klopper behaal 5 onderskeidings: Afrikaans Huistaal (79%), Engels Eerste Addisionele Taal (82%), ‘n B-simbool vir Wiskunde (76%), Lewensoriëntering (90%), Rekeningkunde (88%), Lewenswetenskappe (84%), en Fisiese Wetenskappe (88%). Haar gemiddeld is 84%.  Sy gaan BSc Sportwetenskap studeer in Stellenbosch.

 

Drie Erries behaal elk 4 onderskeidings: Zeldine Jordaan, Niëline Joubert en Chelleri Schourie.

Daar is 7 Erries wat elk 3 onderskeidings behaal het: Michaela Dreyer, Angelique Randell, Helé Schutte, Christian Stoffberg, Jan-Hendrik Swart, Charné van Aswegen en Willem van der Merwe.

Soos altyd spog die EHS met puik vakgemiddeldes. 11 vakke se gemiddeld is bo 60% en 70%. 1.5 vakonderskeiding per leerder is behaal.

Hoewel die EHS nie 100% slaagsyfer het nie, is die Hoof en personeel dankbaar vir elke Errie wat sy/haar deel gedoen het en is ons oortuig dat die leerders wat die her-eksamen gaan skryf wel ons slaagpersentasie na 100% sal opskuif.

Met dank aan ons Hemelse Vader vir krag, leiding en genade aan 2017 se matriekgroep, groet ons hulle met wense van voorspoed en seën vir hulle toekoms. Die Erries is trots op julle!

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal