Op Vrydag, 24 November 2017, het die Errie-hokkiespelers sommer alreeds begin regmaak vir 2018 se hokkieseisoen.
Die wêreldbekende vroue-hokkiespeler, Pietie Coetzee het saam met haar hulpafrigter, Roxy Turner en EHS se doelgerigte hokkie-afrigters, die spelers getoets met die oog op ‘n voorseisoen-oefenprogram.
Roxy Turner werk vir elke speler individueel ‘n gepaste program vir hom/haar uit, sodat elkeen hul potensiaal voluit kan bereik.
‘n Doelwitstelling-sessie is gehou om elkeen sielkundig voor te berei om hul doelwitte te bereik.
Ons sien uit na die vordering wat deur die loop van die vakansie deur elke speler gemaak gaan word.
2018 gaan ‘n besonderse, vooruitstrewende sukses wees! Dankie, Erries, vir elkeen se insette.