)

Erries skop atletiekseisoen op hoë noot af!

Op Saterdag, 28 Oktober 2017 het ‘n span van Hoërskool Ermelo aan die eerste atletiekbyeenkoms vir die nuwe atletiekseisoen deelgeneem by Hoërskool Rob Ferreira in Witrivier.

Dié byeenkoms is die sewende Triple J-Prestige byeenkoms. Dit het in 2011 tot stand gekom met slegs 12 deelnemende skole. Die afgelope Saterdag was die Erries egter een van 21 skole uit 3 provinsies wat elk hul nommer 1-atleet in alle items laat deelneem het.

Lydia Landman ontvang die trofee vir die beste senior dogter in hekkies, Kelly-Anne Bourn die trofee vir die beste senior dogter in naellope en Eben Jonker die trofee vir die senior seun in naellope.

Die Erries het ‘n besonderse totaal van 39 medaljes ontvang en die rekords laat spat: Lana Herholdt het die 300m hekkies dogters 14 rekord van 49.70 sekondes vebeter na 49.36 sekondes. Kelly-Anne Bourn het in die 400m vir dogters 19 die 62.49 sekondes-rekord verbeter na 62.08 sekondes. In die seuns 15 gewigstoot het Hardus Rothmann die rekord van 15.70m  na 16.82m verbeter.

Hierdie grootste atletiekbyeenkoms in Mpumalanga was, ten spyte van die bitter koue, baie opwindend met ‘n groot verskeidende aflosse en goeie atletiek.

Geluk en dankie aan die Erries wat deelgeneem het.

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal