Die leerders van Ligbron Akademie vir Tegnologie is op Donderdagaand, 19 Oktober 2017, tydens die jaarlikse Prysuitdelingsfunksie vereer vir hulle harde werk die afgelope jaar.
Foto links: Stefan Stapeberg ontvang die Ligbron Ambassadeurstrofee vir 2017. Hierdie trofee word toegeken aan die leerder wat die grootste bydra gelewer het op alle vlakke van akademie, sport, kultuur en leierskap gedurende hulle skoolloopbaan. Hierdie is ook die hooftoekenning van die aand.
Foto onder:Â Â
Dannhau van der Berg (graad 12) is aangewys as die 2017 Dux Leerling met ‘n gemiddeld van 94%
Foto links:  Hoofseun en hoofdogter (Dannhau van der Berg en Stephanie Krause) het albei ‘n leiers-trofee ontvang vir hulle groot bydrae tot die skool as die hoofleiers van 2017
Foto onder:
Die volgende leerders is aangewys as die junior en senior Victor en Victrix Ludorms vir 2017. Hulle staan (v.l.n.r.): Carla Niebuhr (junior Victrix), Kwanele Nkambule (junior Victor), Marisca Stander (senior Victrix) en Leon du Preez (senior Victor).
Foto links:
Sumé Snyman en Charles Giliomee is aangewys as vanjaar se sportseun- en dogter van die jaar