Die matriekdogters in die tweedespan het Donderdag hul laaste netbalwedstryd vir Leeuwenhof gespeel en eindig so ook hul seisoen as ligawenners, PUK 16 wenners en algehele wenners van die CBD Toernooi in Mei.
Baie geluk aan elke speler en die afrigter!
Na ‘n jaar waar hulle onoorwonne was, groet Leeuwenhof hulle met ‘n warm hart en sê dankie vir nog ‘n wonderlike seisoen.