11 Leerders van die Hans Moore Musiekskool van Benoni, het die eerste sessie van die Unisa- Praktiese eksamen gespeel en besonder goed gevaar! Al die leerders behaal 70% en meer! Hier is die volledige uitslae: Martin du Plessis(80%), Juan van Loggenberg(76%), Simone du Toit(75%),Elze Myburgh (74%), Shanelee Raaths(74%), Michaela Flynn(74%), Seth Fiford (73%), Charlize Muller (72%), Brandon Potgieter(71%), Esmari Bezuidenhout (70%), Devlin Breedt(70%)!
Sanet Mellet het ook 2 Musiekteorie-eksamens aangedurf en beide met lof geslaag!
Sy is ook op die Unisa-ererol vir toppresteerders opgeneem.
Baie geluk aan die leerders en Dr. Badenhorst, hul juffrou, met die puik uitslae!
Op die foto spog van die leerders wat die Unisa eksamen gelsaag het met hulle uitslae: VLNR: Seth Fiford, Martin du Plessis, Charlize Muller, Brandon Potgieter