Hoërskool Langenhoven, Riversdal, oud-leerder het sy merk in die lewe gemaak.
Schools That Rock publiseer ‘n paar kort berigte van ‘n aantal oud-leerders van skole op ons Facebook en Webtuiste.
Lucas Lodewyk Maree is in Johannesburg gebore. Hy gaan skool by die Laerskool Danie Malan in Pretoria-Noord en matrikuleer later aan Hoërskool Langenhoven in Riversdal. Hy verwerf die volgende kwalifikasies: BA Drama aan die Universiteit van Pretoria asook Nasionale Diplomas vir Film-produksie Tegnici en Fotografie.
Lucas was een van Suid-Afrika se bekendste Afrikaanse sangers en liedjieskrywer. Hy was veral bekend vir sy treffer Ek sou kon doen met ’n miljoen.M-Net het dié liedjie vir hulle TV-reeks “Doen met ‘n Miljoen” gebruik. Lucas het vir die grootste gedeelte van sy loopbaan Engelse musiek in kroeë en restaurante in en om Pretoria en Johannesburg gespeel. Gedurende 1981 begin hy in Afrikaans skryf, nadat hy onder die invloed van ‘n vriend by Jannie du Toit se huiskonserte ‘n draai gaan maak het, en onder andere virCoenie de Villiers daar hoor sing het. Hierdie drie musikante was van toe af groot vriende en het dikwels saam opgetree.
Sy eerste plaat, Kiekies, is in 1984 vrygestel. Daarna het vele CD’s die lig gesien. In 2009 stel hy die laaste album wat hy self aan gewerk het vry naamlik ” Lankverwag”. Hierop verskyn ‘n paar nuwe liedjies sowel as ‘covers’ van sy gunsteling Afrikaanse liedjies soos ” Liedjie vir jou”, ” Onder in my whisky glas”, “Klein karoo” saam met Ollie Viljoen en vele meer.
In 2010, nadat dit bekend gemaak is dat Lucas met kanker gediagnoseer is, het Alexa Strachan saam met Mathys Roets en Mathys Maree, in same werking metSarie Tydskrif, aan ‘n ensemble projek genaamd “Een uit ‘n miljoen – Vir Lucas” begin werk waar verskeie kunstenaars hulle weergawe van Lucas se bekende treffers doen. Kunstenaars soos Mathys Roets, Coenie De Villiers, Laurinda Hofmeyer, Steve Hofmeyr,Kurt Darren, Richard van der Westhuizen,Lochner de Kock, Jannie du Toit, Christa Steyn, Schalk Joubert, Anton Goosen, Dozi, Danie Niehaus, Kevin Lea, Jannie Moolman en vele meer verskyn op die album.
In 2011 is Plakboek vrygestel na Lucas se dood en 2012 is ” Met liefde van Lucas” vrygestel met Lucas se liefdes ballades op.