Laerskool Hartenbos het die naweek hulle jaarlikse Beesloop gehad. Dit is die skool se grootste fondsinsamelingsprojek vir die jaar. Dit is ’n dag vol pret en aktiwiteite, onder andere netbal. Verskillende spanne skryf in en neem deel teen mekaar. Tydens die Beesloop het die leerders spanne ingeskryf om deel te neem aan die Boeresport. Van klein na groot het ingeskryf en almal het dit terdeë geniet. Hier is een van die spanne wat deelgeneem het.
Die Onderwysers het natuurlik ook ’n span ingeskryf en ’n 2de plek verower.
Become a Sponsor









