)

HOËRSKOOL PUNT INTERSKOLE 2019: MINI EN BIG BRAG

Dirigente: Andrea Kommer, Christen Klingsick, Tiffany Coetzee, Vuyisa Ramohomane, Aadilah Alexander en Lorrené Warney

(Foto deur:  I Pietersen Punt Fotografieklub)

Vanjaar se Mini en Big Brag het weer baie hoendervleis oomblikke opgelewer tydens die bekendstelling van die spanne. Die Big Brag, waartydens die eerstespanne aan die res van die skool bekendgestel is, het gewys met watter passie en trots die eerstespanne die Interskole tegemoet gaan.  Bekendes uit die sportwereld het  videos met boodskappe aan die spanne gestuur en dit is ook tydens hierdie geleentheid vertoon.

 

Tydens die Mini Brag, by die Van Riebeeck Stadion, is die ander spanne Vrydag, op luisteryke wyse  aan die res van die skool bekendgestel.  Elke span het met  ‘n banier, met Grease as tema, op die veld aangetree.  Die spanne met hul baniere was ‘n pragtige gesig en iets wat elke “Vis” met ‘n trotse hart gelaat het.

 

Na afloop van die seremonie het die pret begin toe die personeel, prefekte en gr 12-leerders mekaar op die netbalbaan aangedurf het.  Hierdie wedstryde was baie pret en die spanne moes hard werk om doele aan te teken.  Vir sommige “spelers” was dit baie moeiliker as vir ander.

 

Hoërskool Punt se gees was reg vir Saterdag, wen of verloor, “ons bly PROUDLY POINT!!!”

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal