Hoërskool Punt, Mosselbaai, se 1ste netbalspan het tydens die Maart-vakansie in George aan die Topskole Netbaltoernooi deelgeneem.
In Punt se poel het hulle die volgende wedstryde gespeel (Punt tellings eerste):
vs Jeugland 18-27
vs Grens 27-11
vs Zwartkop 15-20
vs Bredasdorp 34-20
vs Jim Fouche 23-34
Hoërskool Punt het 4de in Poel geëindig en moes uitspeel teen:
Affies 16-36 en Hoërskool Outeniqua 25-15
Punt moes teen Hoërskool Langenhoven uitspeel vir die 5de of 6de plek.
Langenhoven was egter nie beskikbaar nie en Punt speel teen Hugenote en wen 22-11.
Hoërskool Punt se 1ste netbalspan eindig dus 5de uit 12 skole.
‘n Uitstekende prestasie vir ‘n baie jong span.
Die finaal is tussen Affies en Zwartkop en Affies wen met 25-20.