Saterdag, 19 Januarie, het 4 leerders van Hoër Landbouskool Oakdale in Riversdal, aan die mini-Attakwas bergfietswedren oor 52 km te Hartenbos deelgeneem en baie goed presteer.
Nico Bester het algeheel 12de en 8ste in die kategorie vir juniors 17 tot 18 jaar geëindig. In dieselfde ouderdomsklas het Pieter Janse van Rensburg algeheel 14de en 9de in die juniorkategorie geëindig terwyl MJ Marais algeheel 21ste en 11de in die juniorkategorie klaarmaak.
Wian Jonck eindig algeheel 31ste en 10de in Jeugkategorie 15 tot 16 jaar.
Foto: v.l.n.r.: Wian Jonck, Pieter Janse van Rensburg, MJ Marais en Nico Bester.