Die skoolkoor van Hoërskool Punt van Mosselbaai, het A++ tydens hul deelname aan die Hoërskool Outeniqua van George se Koorfees gewen .
Hulle het op 14 Augustus opgetree en onder andere ‘n keurspel van Abba gesing tot groot vermaak van die gehoor.
Die koor is onder leiding van die koorleier, Me. Marie Skeen, en word op die klavier begelei deur Me. Annette Strydom.