Luan Venter van Hoërskool Outeniqua in George het op 14 April in Ontario, Kanada, deelgeneem aan ‘n Internasionale toets teen Kanada.
Hiermee het Luan amptelik Protea kleure verwerf as verteenwoordiger van die SA Skopboks span.
Hy het ook ‘n interkontinentale title-belt ontvang nadat hy sy geveg gewen het.
Hoërskool Outeniqua is trots op jou!