Hoër Jongenskool in die Paarl se o/19-, o/17- en o/15-krieketspelers toer vanaf 20 Junie tot 5 Julie na Engeland. Hierdie spanne speel teen bekende spanne soos Norwich, Uppingham, Oakham, Wisbech, Bedford, Surrey Cricket Club en Whitgift. Hulle besoek ook die Lord’s-krieketstadion, die Twickenham-rugbystadion, die Wembley-sokkerstadion en bring ’n dag by Wimbledon deur.