)

EHS-dogtershokkie 2de span maak skoonskip by kwart-finaal

Op Saterdag, 8 Junie, het Hoërskool Ermelo se tweede hokkiespan deelgeneem aan die kwarteindronde van Mpumalanga vir groot skole.

Die eerste wedstryd was teen Hoërskool Volksrust, die gasheerskool. EHS skop die dag op ‘n hoë noot af met ‘n oorwinning. Die Erries teken ses doele teenoor nul aan. Yané Broekman en Elizia van Heerden skiet elkeen twee doele en Jani Hattingh en Theané Arnoldi teken elk een doel aan.

In die tweede wedstryd kom die Erries te staan teen Hoërskool Nelspruit, maar wen ook hierdie kragmeting met ‘n eindtelling van 2-0. Elizia van Heerden en Jani Hattingh is die puntemakers in dié wedstryd.

EHS dring vervolgens deur na die Mpumalanga semi-finale wat op 13 Julie te Ligbron Akademie vir Tegnologie plaasvind waar EHS en Hoërskool Middelburg mekaar die stryd gaan aansê.

Baie geluk aan elke dogter.

Die Erries hou die tweedespan se uitspele met groot belangstelling dop!

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal