Agter vlnr: Zak Müller, Misha Marais, Anru Snyman, Dévan le Roux en Tyla van der Walt
Voor vlnr: Chrisjan Groenewald en me. S. Kotze (Opvoeder)
Die gr. 8’s van die Hoërskool Brackenfell het vanjaar weereens ‘n unieke LO-projek aangepak.
Omgewingsgesondheid is een van die onderwerpe wat in die LO-leerplan behandel word. Onder leiding van mev. Sandra Kotze en die ander LO-personeel het hulle in groepies van 2-4 stoeltjies gebou wat aan behoeftige dagsorg-fasiliteite geskenk word. Hierdie idee het sy oorsprong by die plaaslike VLV-tak van Brackenfell.
Die gr. 8’s moes net met herwinbare en herbruikbare produkte hul stoeltjies bou, naamlik die 2-liter bottels, hout, spons, versterkings en oortreksel. Die 2-liter bottels moes volgens die “Eco bricks” gevul wees en 400g elk weeg. Afmetings is ook vooraf verskaf vir die bou van die stoeltjies. Die skoolhoof, mnr. Jannie Muller, het persoonlik van die stoeltjies uitgetoets om te bewys dat dit stewig genoeg is dat ‘n volwassene daarop kan sit.
Verlede jaar het die gr 8’s buite-musiekinstrumente gebou wat in die multi-sensoriese tuin van die Pionierskool vir Siggestremdes in Worcester opgerig is.
Hierdie projek is ’n bevestiging daarvan dat Hoërskool Brackenfell ‘n skool IN die gemeenskap VIR die gemeenskap is.