Hoërskool Strand se jaarlikse Krieket Toekenningsfunksie het op 3 April in die Skoolsaal plaasgevind.
Liam Martin het die toekenning gekry van die skool se krieketspeler van die jaar asook die prys vir sy uitsonderlike prestasie.
Hy was kaptein van die Boland 0.17-plattelandspan en is ook gekies vir die Suid-Afrikaanse 0.17-plattelandspan.
Baie geluk aan Liam asook aan elke speler wat ‘n toekenning ontvang het.
Foto bo: Vlnr: Mnr. Wikus van Dyk, Ian Mostert, Damian Jacobs en Dylan Swart












