[et_pb_section bb_built=”1″][et_pb_row][et_pb_column type=”4_4″][et_pb_text _builder_version=”3.0.73″ background_layout=”light” text_orientation=”left” border_style=”solid”]
Die hokkietoekenningsfunksie is aan die einde van die derde kwartaal in die skoolsaal gehou. Die hokkiespelers is beloon met klein trofeetjies, sertifikate (vir half- en volkleure) asook wisseltrofees vir belowende spel asĀ voorspelers, agterspelers en spelers wat die meeste vordering getoon het.
ān Paar uitsonderlike prestasies was die volgende: Adriaan Lombaard ontvang die trofee as die mees belowende doelwagter, terwyl sy tweelingbroer as die beste agterspeler in die onder 16A-seunspan aangewys is.(Foto1)
Daar was ook ander āfamilietoekenningsā. Esterlie en Danico MarĆ© het onderskeidelik die toekennings gekry as die beste voorspelers ā een by seuns onder 16A en die ander by dogters 16B. (Foto2).Dan was daar Chris en Emja Langeveldt wat beloon is ā Chris as belowendste voorspeler by seuns 18A en Emja by dogters 18A. (Foto 3)
Die onder 14A dogters was die beste span van die jaar. Hier verskyn ān paar van die trotse meisies met hul toekennings.( Foto 4). Die meisies op die foto is Megan Carstens, Jadyn Engel, Carla Lourens, Nia Theron, Lisa Westraat en JohanĆ© Steyn. Megan Carstens was lid van hiertdie span en is as die mees belowende onder 14-meisie aangewys. (Foto5)
AnĆ© van Zyl het vir 4 jaar in die dogters 18A-span gespeel, so haar weggaan gaan ān groot leemte laat. (Foto 6). Nog ān presteerder in die suens 18A-span was Xander Barnard, wat as die beste agterspeler aangewys is. (Foto 7)
Derik Nortje en Eben de Klerk was onderskeidelik die mees belowende spelers in hul span ā by seuns 14A en seuns 16A. (Fotoās 8 en 9)
Die ouers van die onder 18-spanne het ān pragtige hokkiefotobeeld as geskenk aan die skool gegee. (Foto 10)
[/et_pb_text][et_pb_gallery _builder_version=”3.0.73″ posts_number=”9″ show_title_and_caption=”on” show_pagination=”off” gallery_ids=”14837,14838,14839,14840,14841,14842,14843,14844,14845″ fullwidth=”off” orientation=”landscape” zoom_icon_color=”#007dc2″ hover_overlay_color=”rgba(255,255,255,0.9)” background_layout=”light” border_style=”solid” /][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]