Jaarliks kan hoërskool leerders inskryf vir ‘n Rekeningkunde Olimpiade gedryf deur SAICA. Hoewel dit hoofsaaklik gemik is op graad 12-leerders, kan graad 11’s ook inskryf. As graad 11-leerder van Upington Hoërskool , skryf Jana Breedt dan ook het op 2 Augustus 2017 deelgeneem aan hierdie Olimpiade. Sy tree as wenner uit die stryd. Landswyd was daar 4340 leerders uit 344 skole wat deelgeneem het. Jana behaal ‘n uitmuntende 89% , wat aan haar die 1ste plek in die Noord -Kaap besorg. SAICA gaan ‘n geleentheid reël om haar sertifikaat, asook ‘n kontantprys, te oorhandig. Dis voorwaar ‘n besonderse prestasie en Uppies wens haar baie geluk daarmee.