)

Hoërskool Upington hou `n Fees van Kore!

Die 7de Uppies-Koorfees het vanjaar plaasgevind op 21 Augustus 2017. Vanjaar was seker nog die beste en grootste ooit.

Die Rooiduin ATKV-tak, o.l.v. Amorine Strydom, het ook `n bydrae gelewer. Hul het vir Deidre le Hanie, die nuwe besturende direkteur van die ATKV, genooi en sy het haar behoorlik aan Upington voorgestel.

Die kore wat deelgeneem het aan die glansgeleentheid was:

  • Laerskool Oranje-Noord Junior Koor
  • Voorbereidingskool Fanie Malan
  • Laerskool Oranje-Noord Senior Koor
  • Primêre Skool op die Voorpos
  • Siyanda Cantando
  • Hoërskool Duineveld
  • Uppies Camerata

Elke koor het sy beste gelewer en die gehoor was elke keer opnuut verras met die talent van ons kinders.

`n Groot dank moet ook gaan aan die koorleiers en begeleiers. Hul moeite met die kinders maak dat dié tipe talente te voorskyn kom en hul haal die beste uit die kinders uit. Van die flambojante Mnr. Visser wat die gehoor “uittrap” omdat hulle op verkeerde tyd handeklap tot mev. Sunet Louw wat feitlik by al die kore betrokke is.

Aan die einde van die aand, het die Rooiduintak alle ATKV-onderwysers vereer met `n diploma terwyl hul `n heerlike glasie sjerrie in die pragtige Gerhard Beukes Kultuursentrum gedrink het.

Die aand is afgesluit met ‘n massakoor waaraan ongeveer 350 leerders deelgeneem het.

Die aand is opgedra aan mev. Nanda Basson uit dankbaarheid vir haar bydrae tot musiek en koorsang in Upington.

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal