Hoërskool Noordkaap in Kimberley se 0/16A Netbalspan het hul Frances Baardliga gewen en word ook as wenners vir die Noord-Kaap Provinsies gekroon.
Hulle het gaan deelneem aan die SA Skolekampioenskappe te Boksburg en het as volg presteer:
Hulle het Monument, Oranje Meisies Meisieskool, Stellenberg en Nelspruit gewen en het slegs teen Afrikaanse Hoërskool van Pretoria en Paarl Gim verloor. Hulle het 6de in die land geëindig! Baie trots op hierdie span!