SAKA National Kickboxing Kampioenskappe. George se Elliot Koen skop hom tot glorie!
Elliot Koen (Graad 12) het van 24 tot 28 April in Oudtshoorn aan die SAKA National Kickboxing Championships deelgeneem en met uitmuntende resultate teruggekeer.
Skopboks is ’n vechtsport wat elemente van boks en verskeie skoptegnieke kombineer. Dit toets ’n atleet se spoed, krag, taktiek en uithouvermoë in verskillende kompetisiemodes:
- Light Contact – fokus op tegniek en beheer, waar vol krag nie toegelaat word nie.
- Kick Light – soortgelyk aan Light Contact, maar met skoppe na die bene ingesluit.
- Points Fighting – ’n vinnige, strategiese styl waar punte toegeken word vir akkurate en beheerste houe.
Elliot se Uitslae
- 🥇 Goud – 1ste in SA (Light Contact)
- 🥇 Goud – 1ste in SA (Kick Light)
- 🥉 Brons – 3de in SA (Points Fighting)
Baie geluk, Elliot! Jou ongelooflike prestasie plaas jou onder die beste jong skopboksers in Suid-Afrika. Hoërskool Outeniqua en die George-gemeenskap is uiters trots op jou deursettingsvermoë en toewyding.
Meer Skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








